Dagstuk | Woensdag 25 Desember 2024

Dagstuk | Dinsdag 24 Desember 2024
Dagstuk | Donderdag 26 Desember 2024

Vandag is Woensdag 25 Desember en vandag is die Kersdag van Jesus, God Homself wat oor grense beweeg het, mens geword het en tussen ons kom woon het.

Om hierdie diep betekenis verder te verken, staan ons vandag stil by die betekenis van vrede op aarde.

Teks: Lukas 2:14 “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het!”

Die engele het vrede aangekondig by Jesus se geboorte. Hierdie vrede is nie net die afwesigheid van konflik nie, maar ‘n diep, innerlike vrede wat slegs deur Christus verkry kan word. Jy sien ware vrede begin in die hart wat in Christus rus. Wanneer ons Sy vrede beleef, kan ons dit met die wêreld rondom ons deel.

“Vrede begin nie met groot beweginge nie, maar in die stilte van ‘n hart wat verstaan.” – Moeder Teresa

Inspirasie:

Neem ‘n oomblik van stilte met vandag se feestyd. Voel die vrede wat God bied en dink aan hoe jy daardie vrede na jou gesin, vriende en gemeenskap kan neem.

Gebed: Vredevors, bring U vrede na ons harte en na hierdie wêreld. Op hierdie kersdag bid ons dat U ons leer om vredemakers te wees, oral waar ons gaan. Amen.