Dagstuk | Woensdag 29 Mei 2024

Dagstuk | Donderdag 30 Mei 2024
Dagstuk | Dinsdag 28 Mei 2024

Sondag 19 Mei was Pinksterfees en met Pinkster het ons gefokus op hoe die Heilige Gees ons harte hervorm om meer soos Christus te wees en te verlang na God se Koninkryk. Hierdie week herbesoek ons die temas van Pinkster.

1 Timoteus 4:7

Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe.

Refleksie

Om volgens die ritme van die Koninkryk te leef en in toewyding aan God te leef beteken dat ons moet oefen. Ons moet alternatiewe gewoontes aanleer waardeur die Gees ons harte vorm om te verlang na die Koninkryk van God.

Richard Rohr skryf: To pray and actually mean “thy kingdom come,” we must also be able to say, “my kingdoms go.”

Een van die gewoontes waarop ons gefokus het in Pinkster is die gewoonte van die Sabbat. Deur die Sabbat nooi God ons uit om te onthou dat ons bevry is uit die slawerny van Egipte. Dit nooi ons om te leef volgens ’n ander realiteit, waar woorde soos rus, sorg en genoeg die ritme van die lewe bepaal, eerder as woorde soos nog en meer en angs en werk sonder ophou, wat deur Egipte onderhou is. Die Sabbat is ’n gewoonte of ritueel waaraan ons deelneem, waardeur die Gees ons harte vorm om volgens God se koninkryk te leef, eerder as die koninkryke van die wêreld.

James Smith sê: Worship is the arena in which God recalibrates our hearts, reforms our desires, and rehabituates our loves. Worship isn’t just something we do; it is where God does something to us. Worship is the heart of discipleship because it is the gymnasium in which God retrains our hearts.

Het jy al ooit jou geloof as oefening beskou? Wat dink jy beteken dit om te oefen om in toewyding aan God te leef?

Die manier wat die Gees ons harte hervorm, is deur ons uit te nooi om deel te neem aan gewoontes wat ons harte hervorm. Om deel te neem aan die Sabbat en te onthou dat die Here ons bevry het uit slawerny, om ons uit te nooi om deel te wees van ’n alternatiewe gemeenskap, om as kerk bymekaar te kom en saam met die Gees te oefen om ons harte te hervorm, om as deel van God se koninkryk te leef.

Mag ons ons harte oefen om te verlang na God se hart.

Gebed

Here God, help ons om te laat gaan van ons eie koninkryke en leer ons om te verlang na U koninkryk. Help ons om te oefen om in toewyding aan U te leef.

Amen