Dagstuk | Woensdag 3 Julie 2024

Dagstuk | Maandag 1 Januarie 2024
Dagstuk | Donderdag 4 Julie 2024

 

Goeiedag, vandag is Woensdag 3 Julie en in hierdie week gesels ons oor die feit dat ek en jy beide geroep is om as God se kinders te lewe.

Om geroep te wees beteken om ‘n roeping van God te ontvang. Dit is belangrik om te onthou dat elkeen van ons ‘n roeping van God ontvang het. God roep vir my en vir jou om net daar waar ons is, sy liefde, genade en omgee uit te straal. God roep nie net sekere mense nie, vir Hom is almal belangrik en Hy glo dus dat elkeen ‘n rol het om te speel om saam met Hom sy Koninkryk op aarde uit te bou. Ons lees dit al van die begin van die Skepping – dit was God se idee dat ons ter alle tye optree soos Hy optree en mense wat Hom nie ken nie van Hom vertel.

In Genesis 1:26 sê: Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.”

Dit is so mooi want deur die teks word ons bewus dat God al van die begin van die skepping af al vir elkeen van ons ‘n roeping gegee het en dat hierdie roeping is om Sy verteenwoordiger op aarde te wees. Dit beteken dat ek en jy ‘n verantwoordelikheid het om orals waar ons gaan God se verteenwoordigers te wees.

Die God van die hemel en aarde het ons gekies om sy wil op aarde na te streef nie.  Hy het sy asem in ons geblaas sodat ons ook lewe saam met Hom kan geniet.

So om as ’n kind van God te lewe en as sy verteenwoordigers op aarde te lewe beteken dat ons ter alle tye probeer om op te tree soos Jesus opgetree het. Dat ons mense lief hê soos Jesus mense lief het. Dat ons mense se menswaardigheid raak sien.

Moeder Theresa het op ‘n tyd die vraag gevra dat sy wonder of ons besef dat elke persoon ons broer en suster is en dat elke mens God se kind is? Sou ons nog steeds oorloë hê indien ons dit besef?

Ek wil jou uitdaag om dié week na te dink oor hoe jy jou gawes en talente kan gebruik om as God se verteenwoordiger op aarde op te tree?

Gebed:

Dankie Here, dat U, u asem in ons geblaas het. Dankie dat U ons so lief het, dat U vir ons aan die kruis gesterf het. Dankie dat U ons elkeen by die naam roep en vir ons sê, ons is u kinders. Dat U my in die palm van u hand vashou in moeilike tye, maar dankie ook dat U ons gekies het om U verteenwoordigers op aarde te wees sodat ons vir almal u liefde en genade kan wys. Ek vra U om in ons harte te werk sodat ons waar ons ookal is,  hetsy by die werk,  die ouetehuis, of in my woonbuurt – dat ons dit waarmee U ons geseën het, sal gebruik om vir ander tot seën te wees.

Amen