“Maar ‘n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry.”
Wanneer ons op reis is, is dit dikwels met ’n spesifieke doel en tydlyn in gedagte. Dit was immers die Leviet en Priester se verskonings – hulle het iewers gehad om te wees en kon nie stop om om te gee vir iemand in nood nie. Die Samaritaan sy reis egter onderbreek en het grense oorgesteek wat niemand verwag het nie om iemand in nood te help. In Japan het ek ervaar hoe mense wat net ’n paar woorde Engels kan praat, uit hulle pad uit gaan om my, wat nie ’n woord Japannees kan praat nie, deur gebare en met geduld te help toe ek in die moeilikheid was. Ek kon nie anders om te dink of ek dit ook vir ander sou doen nie. Wie is my naaste?
God nooi ons om oop te wees om ons reis te onderbreek, om liefde te wys vir ons laaste en so ook vir God.
Pous Franciscus, wat onlangs oorlede is, het die volgende gesê: “Openness to God makes us open towards the marginalized of this world, and gives us the courage to leave the confines of our own security and comfort to become bruised, hurting and dirty as we joyfully approach the suffering other in a spirit of solidarity.”
Mag ons openheid tot God ons bereid maak om uit ons pad uit te gaan en ons reis te onderbreek om liefde te bewys aan ons naaste.
Here, maak my hart soos dié van die Samaritaan—bereid om my reis te onderbreek en oor grense te gaan in U Naam. Amen.