Dagstuk | Woensdag 4 Junie 2025

Dagstuk | Dinsdag 3 Junie 2025
Dagstuk | Donderdag 5 Junie 2025

Handelinge 1:8

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”

Refleksie

Met die uitstorting van die Heilige Gees by Pinkster, is die dissipels toegerus om te getuig – om die goeie nuus van die kruis en opstanding van Jesus Christus te verkondig. In die wêreld waarin ons leef, word ons toegegooi met slegte nuus en negatiwiteit. Ons word genooi om te getuig van die goeie nuus te midde hiervan. Dit is nie maklik nie, maar ons word verseker dat die Heilige Gees ons die krag gee om die goeie nuus te verkondig.

Hoe kan jy vandag getuig van die goeie nuus van Christus? Dit is dalk nie met woorde nie, maar in iets wat jy vandag vir iemand doen, of hoe jy na die mense rondom jou luister. Of hoe jy glimlag en geluk in die Here vind te midde van al die redes om negatief te wees.

Mag ons, met die krag van die Gees, die goeie nuus verkondig, waar ons is, tot aan die einde van die aarde.

Gebed

Here, help ons om nie deel te neem aan die verkondiging van slegte nuus nie. Help ons om die mense wees wat deur die Gees die goeie nuus verkondig, tot aan die einde van die aarde.

Amen