’n Ag-weke-dissipelskap reis vir studente en jong volwassenes:
Studente en jong volwassenes, word na ‘n dissipelskap reis uitgenooi. Dit behels aande van gemeenskap bou, diep vrae en goeie gesprekke.
As jy wonder wat dit beteken om in hierdie fase van jou lewe vir Jesus te volg, of as jy na ’n ruimte soek om saam met ander in jou geloof te groei, nooi ons jou na hierdie gemeenskap wat mekaar help om gesonde ritmes te midde van ons besige en deurmekaar lewens te vestig.
Woensdae 18:00 tot 20:00, vanaf 22 Januarie 2025
Aanbieder: Ds Marius Schoombie fasiliteer gesprekke rondom die materiaal.
Practicing the way – wees by Jesus, word meer soos Hy, doen wat Hy gedoen het.