Ek is wat ek is – ‘n Kunsjoernaal gebore vanuit die gemeente en
geskryf deur ds. Marius en Pauline Schoombie.
Illustrasies deur Kayla Swart
Sluit op Vrydag 8 Augustus om 18:30 in die markplein aan vir die bekendstelling van die boek. Bring jou eie drinkgoed saam en kom geniet ‘n gesprek oor die boek, ‘n kuns-ervaring vanuit die boek, goeie musiek en lekker kuier. Beskprekings by Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za of 021 976 4519.