

’n Verdiepte reis met God
Die Bybelskool bied in die tweede kwartaal op vyf Woensdagaande, vanaf 15 April tot 13 Mei, hierdie geleentheid aan.
Die kursus is so saamgestel dat jy kan inskakel soos dit jou pas. Kom dus net wanneer jy kan – dit sal jou geestelike pad met God verdiep en verryk!
Bywoning sal bepaal of daar ná Pinkster nóg vyf Woensdagaande aangebied sal word met die fokus op die werk van die Heilige Gees.
Neem asseblief kennis dat die sessies nie aanlyn beskikbaar sal wees nie.
Plek: In die kapel (lugreëling teen koue beskikbaar)
Datums: 15, 22, 29 April, 6 en 13 Mei
Tyd: 18:30 – 19:30
Aanbieder: Dr. Carel van Wyk (eertydse leraar van die gemeente)
Koste: Slegs ’n donasie vir uitdeelstukke
Besprekings: Stuur ’n e-pos aan ontvangs@stellenberg.co.za of ’n WhatsApp-boodskap na 081 045 2428, of skakel die kerkkantoor by 021 976 4519.