Date Night Huwelikskursus | 17 Jul tot 28 Aug 2024

Kontreikuier | Vrydag 29 Aug. 16:00

Date Night Huwelikskursus: 7 Sessies om jou verhouding te versterk

Met die Date night-kursus skep ons ’n ruimte waar paartjies in ‘n romantiese, privaat atmosfeer saam met ’n ete oor hul verhouding kan gesels.  Gespreksmateriaal van die Alpha-huwelikskursus word gebruik en gesprekke vind slegs tussen die paartjie plaas, daar is geen besprekings in groepverband nie. Die fokus is op elke paartjie se unieke verhouding en derhalwe is gesprekke privaat.

Skryf in by Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za, 081 045 2428 (whatsapp) of 021 976 4519.

Daar is sewe geleenthede, elke Dinsdagaand 18:30-20:30 vanaf 12 Augustus tot 30 September. Elke week word ‘n ander tema bespreek.

Die inhoud van die kursus is gratis, ons vra slegs ‘n inskrywingsfooi om die kostes van die etes te dek (jy moet in elk geval eet, so dit kos jou feitlik niks). Kostes is R90 per persoon per sessie (R180 per paar). Die kostes kan vooraf betaal word, of per sessie. Ons moedig julle aan om al die sessies by te woon, maar indien jy nie ‘n sessie kan bywoon nie en vroegtydig laat weet, betaal jy net vir die sessies wat jy bywoon.

Daar is ook ‘n oppasdiens vir voorskoolse en laerskool kinders beskikbaar. Pak asseblief vir jou kinders ‘n kosblik om saam te bring of laat hulle tuis eet. Ervaring uit die verlede het ons geleer dat die kinders die kos verkies wat hul ouers vir hul gee, eerder as wat ons voorsien.

Kom vind mekaar weer. Kom kuier saam. Kom skep nuwe, gesonde ritmes in jou verhouding.
Vir enige navrae kontak: ontvangs@stellenberg.co.za