Deel jou oes | Tiendemaandinsameling

Eredienste tydens die vierde kwartaal

God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer.  2 Kor. 9:10

Kweekprojek: Saam met ons tiendemaandinsameling in Oktober  wil ons graag oud en jonk aanmoedig om aan ons kweekprojek deel te naam.  Koop op ’n Sondagoggend na die eredienste ’n kweekpakkie teen slegs R20 en ontvang alles wat jy nodig het asook eenvoudige instruksies om groente saailinge te kweek.   Wanneer die saailinge ongeveer 10 cm hoog is, bring jy jou oes terug kerk toe en ons sal dit dan aan Klipheuwel se groentetuinprojek skenk.

Tiendemaandinsameling: Oorweeg asseblief om te midde van jou maandelikse bydra ook tydens Oktobermaand ’n finansiële bydrae te maak tot ons tiendemaand-dankofferprojek. Die tiendemaandinsameling maak 16% van ons jaarlikse begroting uit.  Ons mikpunt vir vanjaar se insameling is R1 660 000.