Ons bied op Vrydagaand 26 Julie dié gewilde produksie saam met Johan Rademan, omroeper van RSG en Christo Snyman van die Broers-musiekgroep aan. ’n Heerlike driegangmaaltyd asook ’n wynproe deur Beyers Truter word aangebied.
Kaartjies teen R500 per persoon is by die kerkkantoor te koop. Stuur ’n e-pos aan [email protected] om jou plek te bespreek.