As deel van Seisoen van Skepping, nooi ons jou na ’n vertoning van Plastic People: The Hidden Crisis of Microplastics
Donderdag 4 September 18:30, toegang is gratis. Koffie en springmielies sal beskikbaar wees, maar jy is welkom om jou eie eet- en drinkgoed saam te bring.
Stellenberg-gemeente neem deel aan die globale seisoen-van-skepping-insiatief. Tydens Septembermaand word die film Plastic People by verskillende gemeentes regoor die land vertoon.
Kom neem deel en word meer bewus van die impak van plastiek op ons omgewing en gesondheid. Gesels saam oor watter rol ons elkeen kan speel om ’n verskil te maak.
Die film is 82 minute lank en sal teen 20:00 klaar wees, waarna ons ’n kort gespreksgeleentheid tot 21:00 sal aanbied.
Besprekings: 021 976 4519, of ontvangs@stellenberg.co.za, of aanlyn via quicket.co.za.