Gemeentevergadering | Dinsdag 15 Okt 18:30

Feesmark 2024
Eredienste tydens die vierde kwartaal
Stellenberg-gemeente het tydens die tweede kwartaal aan die NCLS-ondersoek deelgeneem deurdat lidmate tydens ’n erediens die vraelys voltooi het.

Hierdie vraelys het ons gehelp om die stem van die gemeente te hoor. Julle deelname aan die vraelys word baie waardeer en het waardevolle inligting rakende tendense in die gemeente belig.  Om die terugvoer van die vraelyste  te sien, klik HIER.  

Die kerkraad en die strategiekommissie het die data wat uit die ondersoek bekom is, bespreek en wil graag saam met die res van die gemeente gereeld en onderskeidend na God se leiding luister.

In die lig hiervan nooi ons jou graag uit na ’n gemeentevergadering waartydens die  predikantespan kortliks terugvoer oor die vraelyste sal bied en ook vrae sal beantwoord.  Die vergadering is Dinsdag 15 Oktober 2024 om 18:30 in die kerk. Bevestig asb. jou teenwoordigheid teen 14 Oktober by Charlotte  [email protected]