Teken die Kontreikuier op Vrydag 29 Augustus om 16:00 saam met Sutherland-gemeente in jou dagboek aan om seker te maak jy loop nie die heerlike tuisgemaakte kontreiprodukte asook klaar voorbereide kos soos roosterkoek, pannekoek, poeding, braaiborde en worsbroodjies, mis nie. Rou vleis sal ook te koop wees.
Om Sutherland-gemeente met die fondsinsameling te ondersteun benodig ons asseblief die volgende bydraes: Gebakte en koue poedings asook vla. Kontak Susan 072 942 1530 indien jy hiermee kan help.
Skenkings van meel, suiker en olie sal ook waardeer word. Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.