Lydenstyd

#Imagine Fees 2025
Aansoeke vir Feesmark 2025

Neem deel aan Lydenstyd deur by die volgende in te skakel:

GEBED 
– Woon elke Sondag een van ons eredienste by.
– Skakel by die Midweek-ontmoetings met God in op Woensdagaande om 18:30 in die kerk.

VAS

Besluit om van iets te vas in die sewe-weke-periode om jouself op die wyse aan Jesus se lyding te herinner.

GEE
Fokus gedurende die Lydenstyd op vrygewigheid en bring gerus bydraes van niebederfbare produkte vir die kosprojek saam kerk toe.

ROOI KRUISE
Indien jy reeds ’n rooi kruis het, gee asseblief jou kruis ’n nuwe lagie verf en bring dit op jou voordeur of grensmuur aan.  Daar is ’n beperkte hoeveelheid rooi kruise beskikbaar vir diegene wat nie ’n kruis het nie.  Neem ’n foto van die kruis wat by jou huis en WhatsApp die foto na 081 045 2428.