Uitreike: Leeu-Gamka en Calitzdorp
Vakansieprogram
Stellenberg-gemeente ondersteun vier sopkombuise in Khayelitsha, Bloekombos, Wesbank en Klipheuwel. Honderde mense ontvang weekliks iets te ete by die onderskeie sopkombuise en ons wil hulle graag met bevrore sop ondersteun.
So kan jy help om iemand van ’n voedsame maaltyd te voorsien:
- Kook gemengdegroentesop, vries in roomysbakke en besorg by die kerk. Daar is roomysbakke asook ’n resep by die kerk (021 976 4519/ontvangs@stellenberg.co.za) beskikbaar.
- Skenk die volgende bestanddele: Gedroogde sopmengsel, uie, wortels, aartappels, blokkies aftreksel. Gee bydraes asseblief by die kerkkantoor af.