


Die Stellenberg Omgeetrust is in 2008 deur gemeentelede gestig om naastediensprojekte aan te pak en finansiële steun te verleen.
Fokusareas sluit in: Wees- of hawelose en onversorgde kinders | Arm en behoeftige senior burgers | Voorskoolse kinders | Ander PBO’s met soortgelyke doelstellings
Die trust is registreer as ʼn Openbare Weldaadsorganisasie (Public Beneficial Orginazation – PBO) en bydraes tot die trust kwalifiseer vir ʼn inkomstebelastingaftrekking. Al die fondse wat geskenk word, bereik die begunstigdes.
Omgeetrustveiling: Die Omgeetrust bied op Woensdag 9 September hul jaarlikse veiling aan. Die gesellige aand, gepaardgaande met ’n wynproe deur Beyers Truter en heerlike kos deur sjef Marc Vonk, beloof om ’n heerlike aand te wees. Ons benodig kontantbydraes of skenkings van enige interessante produkte, wyn of spiritualieë om die veiling suksesvol aan te bied. Kontak Karen Visagie by 082 827 9389 indien jy kan help.