Die familiebestuurspan nooi alle ouers uit om na dr. Serahni Symington, bekende spreker en spelterapeut, te kom luister. Sy gaan praktiese raad gee oor hoe ouers hul kinders kan toerus om hulself teen negatiewe invloede van buite (maats, internet, media, ens.) te beskerm.
Vrydag 5 September om 17:30 tot 18:30 in die grootsaal. Toegang is gratis maar bespeek asseblief jou plek aanlyn deur die skakel te volg. Koffie en tee word bedien, maar jy is ook welkom om na die byeenkoms by die gemeentebraai in die markplein in te skakel. Nooi gerus ook vriende om saam te luister.