

Ouertoerusting – Vrydagaand 6 Februarie 17:30 tot 19:30 in die grootsaal. Toegang is gratis.
Ouers word hartlik uitgenooi na ’n ouertoerustingsgeleentheid waar dr. Francois Swart met ons kom gesels oor hoe jy as ouer ’n veilige ruimte vir jou kind kan skep – veral vir gesprekke wat jou dalk self ongemaklik laat voel.
Indien jy ’n spesifieke vraag het wat jy graag aan dr. Swart wil rig, stuur vir hom ’n e-pos by info@drfswart.co.za of gebruik die tyd tydens die interaktiewe sessie om vrae te stel.
Die boek, Grootmaak van dogters, deur Wentzel Coetzer, word ook teen R350 verkoop. Kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.
Na afloop van die praatjie is jy welkom om by die gemeentebraai in die markplein aan te sluit. Kom kuier en braai gerus saam. Bring asseblief jou eie vleis, eet- en drinkgoed en eetgerei saam.
Bespreek jou plek aanlyn deur HIER te klik