
Drie bewegings | Drie karakters | Drie aande
’n Reis wat jou geloof nuut sal aanraak, verdiep en vernuwe.
Jy word hartlik uitgenooi om van 2 tot 4 Februarie om 18:30 in die kapel deel te wees van ons Week van Inspirasie.
Aanbieder: Dr. Ronell Bezuidenhout. Sy was ‘n leraar in verskeie NG Kerke en het haarself oor tyd in meditasie verdiep en bestudeer ook graag die vroeë kerkgeskiedenis. Sy het tans ‘n groot digitale bediening wat sy saam met ‘n deeltydse leraarspos bedryf. Skakel gerus by die volgende sessie in:
Tema:
Van binne na buite – Identiteit | Invloed | Inspirasie
2 Februarie – Paulus
Paulus wys ons die krag van ons identiteit in Christus:
“Ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my.” (Galasiërs 2:20)
3 Februarie – Petrus
Petrus herinner ons aan ons invloed as getuies in die wêreld:
“Laat my skape wei.” (Johannes 21:17)
4 Februarie – Johannes
Johannes neem ons na die bron van ware inspirasie – om met jou oor op Jesus se hart te leef:
“Een van sy dissipels, vir wie Jesus liefgehad het, het aan tafel teen die bors van Jesus gelê.” (Johannes 13:23)