

Wanneer: 5 Maart 2026 | Tyd: 18:00
Waar: Kapel
Jy is hartlik uitgenooi na die 96ste Wêreldbiddag vir Vroue!
Kom kniel saam met vroue van regoor die wêreld voor God se troon en ervaar die krag van gebed en samehorigheid.
Hierdie jaar het die vroue van Nigeria die program saamgestel, met die inspirerende teks:
Matteus 11:28 – “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.”
Bring jou hart, jou gebede en jou geselskap — saam kan ons God se teenwoordigheid vier en mekaar opbou.