Die gemeente se werksaamhede is afhanklik van finansiële bydraes. Jy kan jou bydrae op enige van die drie onderstaande metodes maak.

Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. 2 Kor. 9:7

Elektroniese oorbetaling

ABSA-tjekrekening | 145 058 0011

Takkode | 632005

SnapScan-toepassing

Debietorder

Laai die debietordervorm hier af, voltooi en epos na [email protected]

By eredienste:

Eredienswerkers

’n Span van minstens vyf eredienswerkers is Sondagoggende by die onderskeie eredienste behulpsaam om kerkgangers te verwelkom, nagmaal te bedien en kollekte op te neem.

Indien jy bereid is om ongeveer een keer per maand as eredienswerker behulpsaam te wees, kontak asseblief die kerkkantoor by 021 976 4519 / [email protected].

Musiekbediening

Stellenberg-gemeente het drie musiekgroepe wat lofprysing tydens ons onderskeie eredienste behartig.

Indien jy ’n instrument kan bespeel of as voorsanger betrokke wil raak, kontak asseblief die kerkkantoor by 021 976 4519 / [email protected].

Nuwe lede word altyd verwelkom.

Na eredienste:

Helpers by die teetuin en kafeteria

Vrywillige helpers wat ongeveer een keer elke ses weke op Sondagoggende vanaf 10:00 tot 10:45 behulpsaam kan wees met die bediening van tee en koffie in die teetuin asook die verkoop van eetgoed in die kafeteria (markplein) moet asseblief die kerkkantoor kontak by 021 976 4519 / [email protected].

Kleingroepleiers vir kategese

Indien jy bereid is om op Sondagoggende of Sondagaande na die onderskeie eredienste as kleingroepleier by ’n spesifieke graadgroep betrokke te raak, kontak asseblief die jeugkantoor by 021 976 4519 / [email protected].

Gebedsgroepe

Die mannegebedsgroep ontmoet mekaar elke Donderdagoggend om 06:00 in die markplein.  Alle mans is welkom om in te skakel, bring gerus ook ’n vriend of familielid saam.

Die Asemskep-gebedsgroep ontmoet elke Dinsdagaand om 18:30 in die kapel, tydens skoolkwartale.  Enige iemand is welkom, sluit gerus by ons aan.

Bybelstudiegroepe

’n Bybelstudiegroep vir vrouens word Maandagoggend om 10:00 in die kleinsaal aangebied. Nuwe lede word altyd verwelkom. Rig navrae aangaande die groepe aan die kerkkantoor by 021 976 4519 / [email protected].

VatVyf-groep vir senior lidmate

Die VatVyf-groep bied aan senior lidmate die geleentheid vir samesyn. Die jaarprogram bestaan uit uitstappies en interessante aanbiedings en praatjies. Geleenthede word deurlopend in die gemeente se weeklikse afkondigings geadverteer of kontak die kerkkantoor by 021 976 4519 / [email protected] vir meer besonderhede. Nuwe lede is altyd welkom en kan enige tyd van die jaar inskakel.

Selgroepe vir jong volwassenes

Verskeie selgroepe vir jong volwasse lidmate kom weekliks byeen en nuwe lede is baie welkom om by die bestaande groepe in te skakel. Vir meer inligting rakende die groepe of om by ‘n groep in te skakel kontak ds. Marius Schoombie by [email protected] / 083 635 1523.

Bybelskool

Bybelskole word kwartaalliks aangebied en word op die webwerf asook die Stellenberg-weekliks (afkondigings) geadverteer. Vir meer inligting rakende vanjaar se Bybelskole kontak gerus die kerkkantoor by by 021 976 4519 / [email protected].

Bybelstudiegroep vir huiswerkers:

’n Bybelstudiegroep vir huiswerkers wat in die omgewing woon en werk word een keer elke twee weke op ’n Dinsdagaand om 18:30 in die markplein aangebied. Nuwe lede is altyd welkom. Kontak Anene Nortier by 083 581 6930 vir meer besonderhede.

Die gemeentebelydenis “Jesus, ons Verlosser, leef” asook ons roeping “Oor grense heen”, rig die getuienisbediening se werk. Die bediening fokus op die ondersteuning van sendelinge wat die Koninkryk van God in ander dele van die land of wêreld uitbou asook projekte wat dikwels saam met ander venote aangepak word om nood in ons omliggende omgewing, maar ook oor die land heen te verlig.

Projekte

Jaarlikse uitreike na plattelandse gemeenskappe

Uitreike word jaarlikse na die volgende plattelandse gemeenskappe onderneem: Beaufort-Wes, Calitzdorp en Leeu-Gamka. Hoërskool leerders wat deel is van die senior jeugbediening neem jaarliks deel aan die uitreike, maar volwasse lidmate se deelname is uiteraard van groot waarde. Kinderprogramme, leierskapsontwikkeling en voedselhulp word tydens uitreike aan minderbevoorregte inwoners op dié plattelandse dorpe aangebied.

Projekte in Klipheuwel

Stellenberg-gemeente is by verskeie projekte in die informele gemeenskap van Klipheuwel betrokke. Groepbyeenkomste word weekliks vir laerskoolseuns (Young Davids) asook seuns tussen 16 en 24 jarige ouderdom (Making disciples) van aangebied en op Sondagoggende word eredienste en kategese vir die hele gemeenskap aangebied.

Bied ondersteuning aan MES (organisasie wat met hawelose mense werk)

Besoeke aan MES se skuilings word gereeld onderneem en die organisasie word met kos- en klerebydraes ondersteun.

Kosprojek

Die gemeente se kosprojek verleen reeds die afgelope 22 jaar uitkoms aan gesinne en organisasies wat voedselnood beleef. Niebederfbare kosprodukte word maandeliks ingesamel. Ongeveer 30 gesinne word maandeliks vanuit die kosprojek ondersteun.

Ruyterwacht Sentrum vir seniors

Die Ruyterwacht sentrum vir seniors bedien ongeveer 300 hulpbehoewende bejaardes in Ruyterwacht. Die diens sluit twee gesubsidieërde etes per week asook die voorsiening van basiese gesondheidsdienste in.

Noot-vir-noodfonds

Vanuit die Noot-vir-noodfonds word hulp aan lidmate, of instansies in finansiële krisisse voorsien.

Omgeestoor

Bruikbare tweedehandse klere word versamel en in die omgeestoor geberg. Die klere word dan na organisasies soos MES en Badisa wat aan minderbevoorregte mense hulp verleen, versprei.

Omgeekombuis

’n Span vrywilligers kook een keer per week maaltye wat aan Magdalenahuis, ’n tuiste vir ongehude moeders, geskenk word. Leraars skenk ook van die maaltye aan lidmate wat nood of teëspoed beleef.

 

Rig navrae rakende enige van die projekte aan ds. René Potgieter by [email protected] / 079 893 8104.

Sendelinge

Stellenberg-gemeente ondersteun die volgende sendelinge

Jurie en Magdaleen Goosen: Internasionale studentebediening

Jurie en Magdaleen begelei en ondersteun internasionale studente wat aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Gerhard en Melanie Weich: YWAM: Muizenberg

Gerhard was ’n gemeenteseun van Stellenberg. Gerhard staan al sy lewe lank in die bediening van God se koninkryk. Hy was eers in Egipte as sendeling werksaam en is die laaste aantal jare by YWAM (Youth with a mission) in Muizenberg werksaam.

Johan & Rita Bloemhof: Franse Sending

Ds. Johan Bloemhof en sy vrou, Rita, is voltydse sendelinge in Frankryk waar hulle grootliks in skole en met kinders werk.

Gerhard & Mignon Duvenhage

Gerhard en Mignon het beide in Stellenberg-gemeente grootgeword en was reeds as tieners baie betrokke by uitreike, kampe en verskeie ander jeugprojekte. Die Here het hulle geroep om ’n voltydse jeugsendinginisiatief te ontwikkel en hulle is dan ook die stigters van JAM (Jabulani African Ministries).

Marina Prins

Marina is reeds die afgelope 30 jaar voltyds as sendling werksaam. Sy bedien op ’n deeltydse basis World Outreach Internasionaal se sendelinge in Afrika en is ook betrokke by die ontwikkeling van Member Care Netwerke in Afrika.

Bydraes vir sendelinge kan elektronies oorbetaal word aan:

NG Kerk Stellenberg / ABSA / Tjekrekening 145 058 0011 / Takkode 632005.

Gebruik 260/001 + naam en van as verwysing vir die betaling of e-pos jou bewys van betaling na [email protected]