So lyk die gemeente na die pandemie

Stellenberg terapiesentrum | Omgee, hoop, leiding
Etiese kunsmatige intelligensie vir vrede

Deur: Ds. Marius Breytenbach

Tydens die Covid-19-pandemie het ons die gemeente se 50ste bestaansjaar gevier. Die pandemie het ons gemeente voor nuwe uitdagings en geleenthede te staan gebring. Hiermee saam het daar groot verwisseling in die predikantespan plaasgevind met die aftrede van twee predikante en die verwelkoming van twee nuwe kollegas. Die kerkraad is tans besig om oor dié afgelope paar jaar te besin, en om dit te onderskei van hoe die Here die gemeente die afgelope jaar gevorm het en hoe ons huidige omstandighede ons roep en stuur om met ’n verskil in die wêreld te leef.

 

Hieronder ’n kort oorsig oor ons gemeente se finansies net voor en sedert die Covid-19-periode. Die grafiek toon die gemeente se inkomstebronne as persentasie van die totale inkomste van die gemeente.

Toe die grendeltydperk ons verhinder het om eredienste te hou, het ons kollekte-inkomste redelik gedaal, maar ons was bevoorreg dat lidmate hulle dankoffer bydraes verhoog het. Aangesien die feesmark tydens die Covid-pandemie veel kleiner was, het die dankofferbydraes ons in 2020-2021 baie gehelp. Na 2021 het die feesmarkinkomste en kollektes by eredienste weer herstel, maar die nadraai van die ekonomie het ons dankoffers, wat die grootste deel van ons inkomste uitmaak, beïnvloed. Soos die meeste ander gemeentes probeer ons om ons uitgawes te beperk en ook om nuwe inkomstebronne te ontwikkel.

 

Na vyftig jaar benodig ons geboue meer aandag en veral die dakke bied nog ’n paar uitdagings. Ons is baie dankbaar vir almal in die gemeente wat help om finansieel by te dra. Ons grootste bron van inkomste is steeds die maandelikse dankoffers wat lidmate tot die gemeente se werksaamhede bydra. Ons wil dus ’n beroep op lidmate doen om maandeliks ’n  bedrag as dankoffer tot die gemeente se werksaamhede opsy te sit,  of self jou bestaande debietorder of dankoffer jaarliks te verhoog. Dankoffers kan op die volgende manier gegee word:

Snapscan – skandeer die onderstaande QR-kode om ’n bydrae te maak:

Debietorder: Klik HIER om die debietordervorm af te laai.

 

Elektroniese inbetalings kan gemaak word na:

ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.