Die Stellenberg Omgeetrust is ‘n niewinsgewende trust, gestig deur lidmate van die Stellenberg-gemeente met die primêre doelwit om fondse vir liefdadigheidsprojekte waarby die gemeente ook betrokke is, in te samel. Die trust fokus spesifiek op dienste aan:
Deel van die inisiatief is om jaarliks ‘n veiling te hou om blootstelling aan die werksaamhede te gee en ’n geleentheid te skep waar teenwoordiges ’n bydrae (persoonlik of deur ’n besigheid) kan lewer.
Vanjaar se veiling fokus spesifiek op die oorname van vyf huise wat tans aan Communicare behoort en 29 seniors kan huisves. Die eiendomme kan teen ’n uitsonderlik billike prys gekoop word. Die eiendomme skiet wel tekort aan onderhoud – heelwat herstelwerk moet dus gedoen word en sewe enkeleenhede moet heeltemal oorgedoen word. Die huise word bestuur deur Ruyterwacht Senior Sentrum (deel van Badisa), ‘n jarelange vennoot van die gemeente.
Persone wat nie die veiling kan bywoon nie, is welkom om ook die projek te ondersteun d.m.v. ‘n bydrae vir die opgradering van die eenhede, of betrokke raak by die groep in die gemeente wat dienswerk in Ruyterwacht doen. Bouers kan oorweeg om verantwoordelikheid vir een van die eenhede se opgradering te neem, ens. Inbetalings (ABSA-tjekrekening, 9292 9857 98, takkode 632005). Verwysing: OGT, Naam en Van. Stuur bewys van betaling aan [email protected].
Ons benodig nog pryse wat tydens die veiling opgeveil kan word. Kontak asseblief vir Karen Visagie by [email protected] indien jy pryse kan aanbied.