Deur: Ds. Marius Schoombie
Die lewe is ’n reis saam met God. Op hierdie reis kom ons by spesifieke oomblikke en spesiale plekke waar ’n mens kan stilstaan en terugkyk op hoe vêr ons al gekom het, maar ons kyk ook na waarheen ons nog op pad is en kan dan besluit hoe ons vorentoe die pad saam met God wil stap. Ons beskryf hierdie plekke en oomblikke as roetemerkers op ons geloofsreis.
Daar is verskeie sulke plekke en oomblikke regdeur ons lewens, maar by Stellenberg wil ons spesifiek drie roetemerkers saam met gesinne, kinders en jong volwassenes vier: die oorgang van voorskools na laerskool (graad 1), van laerskool na hoërskool (graad 7) en van hoërskool na volwassenheid (graad 12). Die graad 12-roetemerker (wat bekend staan as belydenisaflegging, of jou verbintenis met jou geloof ) word al baie lank in die kerk gevier en is een van die kosbaarste oomblikke vir jong volwassenes en hul gesinne. Die twee ander roetemerkers in graad 1 en graad 7 beloof om net sulke kosbare oomblikke te wees.
Die volgende roetemerker word saam met ons graad 7’s gevier en daarom nooi ons graag die graad 7’s en hul ouers uit na twee geleenthede om hierdie spesiale gebeurtenis op 13 Oktober 2024 te vier:
Hierdie twee geleenthede vorm ’n eenheid en daarom nooi ons die graad 7’s en hulle ouers om aan beide geleenthede deel te neem.
Almal wat wil deelneem aan die roetemerker op 13 Oktober, moet daarvoor registreer deur HIERDIE VORM in te vul. Tieners wat nie vir die geleentheid registreer nie, is welkom om die eredienste by te woon, maar hulle sal ongelukkig nie tydens die eredienste aan die verrigtinge kan deelneem nie.
Meer besonderhede is in die registrasievorm. Vir enige navrae kontak gerus vir Sunet by die Jeugkantoor ([email protected]) of vir ds. Marius Schoombie ([email protected]).