Kerssangdienste se kollekte ten bate van die kosprojek

Maak groot vir grootheid
Rugsakkies vir Klippie-kids

Stellenberg se visie is om oor grense heen uit te reik. Wanneer ons dié grense oorsteek, bring dit ons gereeld by mense wat vanweë verskeie redes nie kos het om te eet nie, terwyl voedsel ’n basiese menslike behoefte is. Om hulle nood te verlig, voorsien ons dan maandeliks aan hulle ‘n kospakkie.

Dis feestyd en die meeste van ons beplan al spyskaarte vir lekker etes. Vir sommige gesinne het gereelde maaltye, as gevolg van finansiële druk, ’n luukse geword. Stellenberg-gemeente poog om hierdie druk effens te verlig deur te probeeer verseker dat soveel moontlik gesinne tydens die feestyd iets het om te eet.

Die kollekte wat ons op 1 Desember tydens die Kerssangdienste opneem, sal ons in staat stel om vir hierdie gesinne en ook die sopkombuise wat ons ondersteun, aankope te doen. Ons behoog om die insameling soos volg te spandeer:

  • Om 20 gesinne maandeliks met ‘n voedsame kospakkie te ondersteun.
  • Om vyf sopkombuise wat weekliks vir meer as 1 000 kinders kos voorsien, met bestanddele te help.
  • Om ‘n heerlike ete vir Klipheuwel se seniors te bedien.
  • Om weekliks vir Magdalena-tehuis voedsame etes te kook.

Dankie dat jy met jou bydrae ook ‘n verskil maak. Jou bydrae sal verseker dat hierdie mense ten minste tydens die feestyd nie honger hoef te wees nie.