Jaarliks, tydens die Junie/Julie-skoolvakansie word Stellenberg-gemeente se visie – oor grense heen – op ’n tasbare manier uitgeleef wanneer ons uitreik na Leeu-Gamka en Calitzdorp in die Karoo. Op ’n uitreik beleef ’n mens hoe jy nader aan God en jou medemens beweeg, ’n verskil in die wêreld maak en voortdurend vernuwe. Ons nooi volwassenes en tieners om betrokke te raak by hierdie jaar se uitreike. Hier is ’n paar maniere waarop jy betrokke kan raak:
1. Skryf in vir ’n uitreik:
Ons nooi volwassenes, studente en tieners om saam te kom op ’n uitreik.
Ons benodig nog spesifiek volwassenes wat bereid is om deel van die Kos spanne van die uitreike te wees. Sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Junie.
Skryf hier in:
Leeu-Gamka: 28 Junie tot 3 Julie:
Calitzdorp: 5 tot 10 Julie:
2. Skenkings:
Ondersteun ons uitreike deur enige van die volgende te skenk:
3. Raak deel van die breiprojek:
Elke jaar word daar ’n groot hoeveelheid serpe en musse deur ons breiprojekgroep gebrei. Hierdie serpe en musse word uitgedeel aan mense in die uitreik gemeenskappe om te help om die winter so klein bietjie warmer te maak, hoop te bring en te wys dat daar mense van vêr is wat omgee.
4. Ondersteun Kweek vir die Here:
Die Kweek vir die Here-span samel geld in ter ondersteuning van tieners wat graag aan die uitreike wil deelneem, maar nie die inskrywingsgeld kan bekostig nie. Die span kweek plantjies wat by die feesmark en ander geleenthede verkoop word om geld in te samel vir die uitreike.
Ondersteun die Kweek vir die Here-projek by die feesmark aan die einde van die jaar, of raak deel van die Kweek van die Here-span.
Wat gebeur op ’n uitreik?
“So wat doen Stellenberg en wat inspireer hulle? Die antwoord dink ek is hulle verryk elke persoon met wie hul in aanraking kom se lewe, en hulle word deur Jesus geïnspireer.”
Op die uitreike bied ons kinder- en tienervakansieprogramme wat gegrond is op verhale uit die Bybel. Ons neem ook deel aan gemeenskapsprojekte en werk saam met plaaslike leiers om ’n verskil in die gemeenskap te maak. Die kern van die uitreike is om verhoudings te bou met mense uit ’n ander gemeenskap en mekaar se lewens te verryk. Die program word aangepas op grond van die gawes van die span wat saamgaan. As jy byvoorbeeld nie ’n gawe het om met kinders te werk nie, maar eerder om groentetuine aan te lê, of herstelwerk te doen, of enige iets anders, gesels gerus met ons oor hoe jy betrokke kan raak!