Ds. Christo Alheit

Die waarde van ’n vroue-wegbreeknaweek

Deur: Ds. Bremer Gericke

Ds. Christo Alheit  22/05/1940 – 04/03/2026 

Ds. Christo Alheit is Woensdag 4 Maart oorlede.  Hy het in 1985 as predikant van Tafelberg-gemeente na Stellenberg gekom en was vanaf 1993 tot 2002 saakgelastigde van die Wes-Kaapse Sinode.

’n Paragraaf oor ‘n man waaroor ‘n boek geskryf kan word?  Hy was legendaries kleurvol (terloops, ook kleurblind, letterlik . . . en figuurlik).  Met hom as mentor, vriend en predikant is sy gesin, kollegas en vriende se lewens oneindig verryk.  Skerp intellek, woordvaardig, droë humorsin en spitsvondig, uitsonderlike goeie menseverhoudinge, praktiese lewenswysheid en geestelike onderskeidingsvermoë. Klassiek en onvergeetlik – sy sêgoed én stories en die stories oor hom.

Hy het ‘n reuseimpak op die ontwikkeling van Stellenberg as makro- en uitreikgemeente gehad.  Ons eer sy nalatenskap en nagedagtenis.  Ons was en sal altyd lief wees vir Christo Alheit.  Ons betuig ons meelewing met sy eggenote, Gesie, sy vier kinders en hulle gesinne.

Gedenkdiens: 12 Maart by NG kerk Onrusrivier.

| Die kort huldeblyk is deur ds. Bremer Gericke, eertydse gemeenteleraar vanaf 1981 tot 2017 geskryf.