Augustus: Maand van omgee is om te gee . . .

Etiese kunsmatige intelligensie vir vrede
’n Jongman en helpers wat ’n storm loskook

Deur: Ds. René Potgieter

 Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word (Matteus 5:7).

Omgee verg van ons om oë en ’n hart vir ons naaste, Moeder Aarde en diere te hê en om dan ons hande en voete vir barmhartigheid en omgee aan te wend. God is passievol daaroor om mense te help wat seer het en in nood is. Hy stuur juis ons as kerk uit om met ons gawes en materiële middele uit te reik na ander en om ’n verskil in die wêreld te maak. Om uit te reik na ander is nie iets waoroor ons net praat nie. Dit moet ’n prioriteit van ’n Christenleefstyl wees. In die maand van Augustus gaan ons stilstaan by die tema van: Omgee is om te gee . . .

  • Om van jou TYD te gee.
  • Om van jou GELD te gee.
  • Om van jou BESITTINGS te gee.
  • Om van jou GAWES te gee.

Mag jy ook vandag die besluit neem dat jy sal poog om mense en diere se behoeftes te verstaan ​​en om hulle op praktiese maniere te help. Dat jy vrygewig sal wees met jou tyd, talente en hulpbronne, met die wete dat elke daad van vriendelikheid ’n beduidende verskil kan maak in ’n mens of ’n dier se lewe. Ek word geïnspireer deur die woorde van Jesus: “Dit verseker Ek  julle: Vir sover julle  dit aan een van die geringstes van hierdie broers (en susters) van My gedoen het, het julle aan dit My gedoen” (Matteus 25:40). AMEN

Hoe kan ek omgee in Augustus?

  • Augustus: Ons samel kos en komberse in vir Bella’s Guardian Angels, ’n skuiling vir diere. Plaas asseblief die dierekos en komberse op die aangeduide plekke.
  • 18 Augustus 09:00: MES-koepons is na die oggenddienste te koop. Die koepons kan aan mense wat tans op straat bly, geskenk word. Daarmee kan hulle ’n ete en slaapplek by MES se skuilings vir straatmense bekom.
  • 19 Augustus om 15:00:  Ons besoek die sopkombuis van Pastoor Raymond in Khayelitsha.
  • 22 Augustus 15:00: Ons besoek Bella’s Guardian Angels, ’n skuiling vir diere.
  • 30 Augustus 16:00: Kontreikuier saam met Sutherland-gemeente – deel van ons omgee oor grense heen.