Dagstuk | Donderdag 15 Augustus 2024

Dagstuk | Woensdag 14 Augustus 2024
Dagstuk | Vrydag 16 Augustus 2024

Goeiedag, vandag is Donderdag 15 Augustus en gedurende die week reis ons saam deur na te dink oor hoe ons geld as ’n manier van omgee kan gebruik.

Vandag gaan ons gesels oor hoe ons God se seëninge kan deel.

Kom ons lees 2 Korintiërs 9:7 saam:  Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.

2 Korintiers 9:7 help ons besef dat wanneer ons gee, moet ons dit uit die diepte van ons hart wil doen. Niemand kan ons forseer om aan ander mense te gee nie. Ons hoef nie altyd geld te gee vir mense wat in nood is nie, maar soos ek gister genoem het kan ons ons tyd en ons talente gee. Moeder Teresa het gesê dat dit gaan nie oor hoe baie ons gee nie, maar die liefde wat ons saam met die ding wat ons gee, gee.

Wannneer ons gee, moet ons gee omdat ons voel die Here plaas dit op ons harte om ander mense te dien, hetsy met ons tyd, geld of liefde.  Niemand kan ons forseer om te gee nie en niemand moet ons ook forseer om vir iemand te gee nie.

Mag ons vandag in ons stiltetyd vir God vra om vir ons wysheid te gee wanneer en waar ons van hulp vir iemand kan wees. Waar ek en jy dit wat God ons mee geseën het vir ander ook mee kan seën en mag ons vir God vra om ons te help dat wanneer ons vir ander gee dat ons dit uit die liefde van ons hart doen.

Gebed:

Here, dankie vir alles wat U vir ons doen. Dankie dat ons in die gejaag van die wêreld weet dat ons by u voete kan rustig raak. Here, ek vra U dat U ons sal help om die week die wysheid te hê om te weet hoe om ander mense by te staan en ons harte en ore oop te stel sodat ons kan hoor wanneer ons iemand in nood kan help. Here, ek vra dat U ons harte sal breek vir dit wat U hart breek, sodat ons saam met U op aarde mense kan dien en mense in nood kan help.

Amen