Dagstuk | Dinsdag 20 Augustus 2024

Dagstuk | Maandag 19 Augustus 2024
Dagstuk | Woensdag 21 Augustus 2024

https://youtu.be/9qdAECpPUpY

In hierdie week, as deel van die Maand van Barmhartigheid, reflekteer ons oor die gee van ons besittings.

Deuteronomium 8:17-18

Jy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. 18Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf.

Refleksie

Hierdie teksgedeelte nooi ons om anders te dink oor wat ons het. Ons hoor gereeld hoe mense sê: “Ek het gewerk vir my geld, ek mag dit spandeer soos ek wil”.  Die Here nooi ons hier in Deuternomium om anders daaroor te dink. Dit wat ek het, is nie as gevolg van my eie sterk hande nie, maar deur die krag wat die Here my gee. Dit nooi ons om te besef dat ek niks wat ek het, eintlik my eie kan noem nie, maar dat ek alles wat ek het, deur God se krag verkry het en dat dit aan Hom behoort.

Hoe nooi hierdie gedagte jou uit om anders te dink oor dit wat jy het?

Wat dink jy beteken die woorde “jy moet die Here jou God nie vergeet nie”, in die konteks van jou besittings?

Hoe kan jy vandag en in jou lewe vorentoe die Here onthou in die manier wat jy jou besittings gebruik?

Gebed

Here, mag ons nooit vergeet dat alles wat ons het, net moontlik is deur U krag en uit u groot genade. Help ons om U te onthou in die manier wat ons ons besittings geniet, gebruik en deel met ander.

Amen.