Dagstuk | Maandag 23 September 2024

Dagstuk | Saterdag 21 September 2024
Dagstuk | Dinsdag 24 September 2024

Goeiedag vandag is Maandag 23 September en in die maand fokus ons as gemeente op die skepping en op maniere hoe ons kan omsien na die skepping.

Vandag gaan ons ’n bietjie gesels oor hoe ons dankbaar kan wees vir die skepping en alles wat die Here daarin geskape het.

Kom ons lees Psalm 19:1-5: 1 saam:

Die hemelruim verkondig

die eer van God

en die hemelkoepel maak die werk

van sy hande bekend.

3Dag ná dag bring dit

‘n boodskap voort

en nag ná nag deel dit

kennis mee.

 

4Alhoewel daar geen spraak

en geen woorde is nie

en hulle stem nie hoorbaar is nie,

5gaan hulle boodskap uit

oor die hele aarde

en hulle woorde

tot aan die einde van die wêreld.

Vir die son het Hy ‘n tent opgeslaan

in die hemel.

Die teks herinner ons dat God alles op sy eie plek geskape het en dat die hele skepping daagliks vir God loof en prys, al hoor ons dit nie altyd nie. Dit maak ons daarvan bewus dat indien die hele skepping vir God aanbid hoeveel te meer moet ons Hom nie ook aanbid nie. Die teks help ons ook om op die uitkyk te wees van hoe die skepping vir God loof en prys – dalk deur middel van die sterk winde, of die mooi kleurvolle blomme of deur die voëltjies se tjirp-tjirp.

Ek wil vandag vra dat jy daagliks vir die Here dankie sal sê vir drie dinge wat jy sien in die skepping, maar ook dat jy sal nadink aan hoe jy die week anders kan lewe om God se Skepping te verheerlik.