Dagstuk | Woensdag 9 Oktober 2024

Dagstuk | Dinsdag 8 Oktober 2024
Dagstuk | Donderdag 10 Oktober 2024

Ons teks vers vir die afgelope paar dae is uit Matteus 5:9 “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word”

Elke keer as ons leed aangedoen word, of as ons geweld aan ons eie lywe voel, word ons uitgedaag om te kies oor hoe ons gaan optree. Kies ons die pad van vergelding en van geweld, of kies ons ‘n ander soms moeiliker pad, die pad van vrede en waar geweld nie die antwoord is nie. James Lawson ‘n kampvegter vir menseregte en ‘n voorstander teen geweld, skryf oor die mag wat daar lê in nie-geweldadige optrede. Hy maak die punt oor hoe oneffektief geweld is en eintlik nog altyd was deur die hele geskiedenis. Vanuit die perspektief van Gandhi skryf hy hoe die nie-geweldadige beweging hulle mag probeer gebruik om konflik op te los en gemeenskappe weer bymekaar te bring.

Ek dink as ons vashou aan die gedagte van vredemakers, lê die wortels van nie-geweldadige optrede in die oortuiging dat God in alle mense is. Alle mense is dus heilig, die lewe is heilig. Maar ook die aanname dat daar in alle mense ook tekens van liefde en deernis is. Ek dink dis dan die keuse wat ons maak as ons Jesus se woorde ter harte neem van “Jy moet jou vyande lief hê”.

Martin Luther King het op ‘n stadium geskryf: “When Jesus said to love your enemy, he was not talking about friendship love, nor was he talking about romantic love. He was not talking about deep liking and appreciation. He was talking about how even though we are very different, and we come from different countries and different cultures with many different languages, we have a common human experience that we can show each other and that we can come to respect.”

Dit herinner ons dat daar geen ander opsie is. Om gemeenskappe bymekaar te bring kan nie deur haat en geweld plaasvind nie, net deur mense wat deernis en respek vir mekaar het. Mag ons vredemakers wees, mag ons deel wees van ‘n gemeenskap wat ruimtes skep en instand hou waar geweld en haat nooit nie antwoord is nie.