Dagstuk | Vrydag 1 November 2024

Dagstuk | Donderdag 31 Oktober 2024
Dagstuk | Saterdag 2 November 2024

https://youtu.be/e3vE-VjaqJ8

Matteus 11:28-29 Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

‘n Mens wonder hoe dit kon gebeur dat die Reformasie van 1517 so ‘n groot en radikale verandering by mense kon teweeg bring. Te midde van sterk leiers soos Johannes Calvyn en Martin Luther en vele ander kan dit nie aan een persoon toegeskryf word nie. Dit was gedryf deur gewone mense op straat wat deur die donkerte van hullle omstandighede vasgedruk is (lees meer oor die Donker Eeue). Die Reformasie het nie gelowiges meer suksesvol, of voorspoediger gemaak nie, maar eerder mense met ‘n veel groter geskenk agtergelaat. Dit het hulle by ‘n plek uitgebring om midde hulle donker wêreld en die slegte vooruitsigte met sin en betekenis te leef. Sonder dat dinge veel om hulle verander, het hulle opnuut die sekuriteit en krag beleef van God wat roep: Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, Ek sal julle rus gee. Hoe resoneer hierdie woorde vandag met jou in die wêreld, of omstandighede waarin jy jouself as ‘n gelowige bevind? Waar vind jy jou toevlug? Miskien lê die probleem juis daarin dat ons vir te lank die emosies van “uitgeput en oorlaai” probeer ontsnap deur maniere wat nie werklik vir ons rus en vrede bring nie. Die antwoord lê dus nie in ‘n rus waar ’n mens van jou probleme en uitdagings wegvlug nie, maar juis na plekke en momente waar jy dit voor die Here kan bely.

Gebed

Here, maak dit deur u genade vir my moontlik om te midde van swaarkry, vernedering en uitsigloosheid te kan lewe. Here, ons word deur soveel realiteite oorweldig wat ons sukkel om te hanteer. Dankie dat ek in hierdie dag na U toe kan kom met al my sonde, laste, frustrasies, bekommernisse en ongelukkigheid. Dankie dat U my vandag aanvaar net soos ek is – uitgeput en oorlaai om die wonder van U rus te kan beleef terwyl ek hierdie woorde bid. Amen.