Teks Markus 13
Toe Jesus van die tempel af weggaan, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, kyk watter geweldige klippe en watter geweldige geboue!”
Jesus sê vir hom: “Sien jy hierdie groot geboue? Hier sal nie een klip op die ander bly nie; alles sal afgebreek word.”
Jesus het op die Olyfberg gaan sit, regoor die tempel. Toe hulle alleen was, vra Petrus, Jakobus, Johannes en Andreas vir Hom: “Sê vir ons, wanneer sal dit gebeur en wat sal die teken wees van wanneer dit alles voleindig gaan word?”
Jesus sê toe vir hulle: “Pas op dat niemand julle mislei nie. Daar sal baie onder my Naam kom en sê: ‘Dit is ek!’ en hulle sal baie mense mislei.
“En wanneer julle die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor, moet julle nie verskrik wees nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie. Want die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander. Daar sal aardbewings op baie plekke voorkom. Daar sal hongersnode wees. Hierdie dinge is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd.
Ons het gister saam gedink oor Jesus se uitnodiging aan die dissipel om nie vas te kyk teen die blink klippe en die indrukwekkende geboue nie. Jesus nooi die dissipel uit om die realiteit te sien vir wat dit is. Dat God nie vasgehou kan word in ‘n tempel of gebou nie maar veel groter is as ‘n instituut, of simbool.
In die tweede gedeelte verduidelik Jesus vir die dissipels wat om te doen as die tempels en die klippe, dit wat betekenis aan ons lewe gee wel omtuimel. Moenie vrees nie, se Jesus. Moenie dat vrees jou lewe regeer, of dat vrees ‘n god in jou lewe raak nie. Dis amper asof Jesus vir hulle wil sê, haal diep asem, maak nie saak wat rondom jou gebeur nie, kies nogsteeds om in vrede te lewe, kies nogsteeds hoop, kultiveer geduld en kies nogsteeds liefde. Want die teenoorgestelde van vrees is nie om vreesloos te lewe, maar met liefde. As ons liefde kies kan ons nogsteeds bang word maar daar iets in die liefde, daar is Iemand in die liefde wat ons vashou. So mag ons braaf wees en saambid om te sien dit wat Jesus sien. Mag ons die realiteit sien vir wat dit regtig is, want soos Jesus vertel, is daar iets besig om gebore te word. Iets nuut. Ons storie, God se storie eindig nie in vrees nie, maar in nuwe lewe, met vreugde