Vandag oor ‘n maand is dit Kersfees. Op die kerkkalender word die weke voor Kersfees Advent genoem. Dis ‘n tyd waarin gelowiges hulle harte voorberei om die koms van ons Verlosser te vier.
In sommige kerke word daar elke week ‘n kers aangesteek om ons daaraan te herinner dat ons hoop, vrede, vreugde en liefde in Christus het. Simbolies gaan ons ook hierdie week kerse aansteek wanneer ons by sekere temas van Advent stilstaan. Jy is welkom om ‘n kers aan te steek en die bepaalde tema saam te vier.
13En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!
Ons as Christene kan hoopvolle mense wees. Wie vanuit God se beloftes leef, behou die hoop. Ons kyk, boontoe. Volgelinge van die Hemelse Koning maak nie gevolgtrekkings bloot oor wat ons rondom ons sien en in die nuus hoor nie. Ons behou die hoop, en bly betrokke by ons omgewing, vanuit ons hoopvolle perspektief op God. Daar is altyd ‘n takkie van hoop, omdat Jesus Christus gebore is vir elkeen van ons.
Waaraan gaan mense in die Kerstyd sien dat ons kinders is van die Koning van Hoop? Sien hulle dit aan ons jolyt wat ons help om tydelik van ons sorge te vergeet, of gaan hulle dit sien in ons hoopvolle perspektief oor die lewe? Hierdie teks wil nie net bloot die verwagting by ons kom skep van ‘n lekker en mooi Kersfees, of plesier, of hoop op beter omstandighede nie. Dis ‘n verwagting om Jesus Christus waarlik as Verlosser en enigste Hoop ten spyte van hoe dit gaan, te aanskou.
O Heilige Gees, seën my met die geloof wat my van wanhoop sal bewaar.
Vul my met soveel liefde vir U en my naaste dat dit die vlam van haat en bitterheid in my sal blus.
Mag die Gees van God ons wysheid en insig gee.
Mag die Gees van God ons raad en moed gee.
Tot U bid ons:
’n God wat ook vir ons ’n nuwe toekoms sal skenk.
U wat barmhartig en vergewensgesind is,
U wat ons ’n nuwe kans gee, hoor ons gebede.
in die Naam van u Seun Jesus Christus. Amen.