Stellenberg se visie is om oor grense heen uit te reik. Wanneer ons dié grense oorsteek, bring dit ons gereeld by mense wat vanweë verskeie redes nie kos het om te eet nie, terwyl voedsel ’n basiese menslike behoefte is. Om hulle nood te verlig, voorsien ons dan maandeliks aan hulle ‘n kospakkie.
Dis feestyd en die meeste van ons beplan al spyskaarte vir lekker etes. Vir sommige gesinne het gereelde maaltye, as gevolg van finansiële druk, ’n luukse geword. Stellenberg-gemeente poog om hierdie druk effens te verlig deur te probeeer verseker dat soveel moontlik gesinne tydens die feestyd iets het om te eet.
Die kollekte wat ons op 1 Desember tydens die Kerssangdienste opneem, sal ons in staat stel om vir hierdie gesinne en ook die sopkombuise wat ons ondersteun, aankope te doen. Ons behoog om die insameling soos volg te spandeer:
Dankie dat jy met jou bydrae ook ‘n verskil maak. Jou bydrae sal verseker dat hierdie mense ten minste tydens die feestyd nie honger hoef te wees nie.