Dagstuk | Saterdag 28 Desember 2024

Dagstuk | Vrydag 27 Desember 2024
Dagstuk | Maandag 30 Desember 2024

Vandag is Saterdag 28 Desember en ons het die week die Kersdag van Jesus gevier. God Homself wat oor grense beweeg, het mens geword en tussen ons kom woon.

Om hierdie diep betekenis verder te verken terwyl ons oppad is na ‘n nuwe jaar, staan ons vandag stil by die geskenk van die ewige lewe

Teks: Romeine 6:23

“Die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus, ons Here.”

Ons het hierdie week die grootste geskenk herdenk: Jesus Christus, wat die ewige lewe vir ons moontlik gemaak het. Hierdie genade is ‘n uitnodiging om in ’n persoonlike verhouding met Hom te leef. Die grootste geskenk wat ons kan ontvang, is die ewige lewe deur Christus. Hierdie geskenk is nie verdien nie, maar gegee deur God se genade. Genade is nie iets wat ons wen nie; dit is ’n geskenk wat ons met dankbaarheid aanvaar. Vers 22 sê: Maar nou – julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe.

Inspirasie:

Dink aan wat dit beteken om vir ewig saam met God te wees. Hoe verander hierdie waarheid jou dade en prioriteite? Laat dit jou inspireer om vir Sy Koninkryk te leef. Vrygemaak en in Sy diens!

Gebed: Here Jesus, ons loof U vir die genadegawe en geskenk van die ewige lewe. Mag ons U elke dag eer deur ons woorde en dade. Leer ons om die waarheid van hierdie genade te waardeer en daarin te wandel. Amen.