Graad 8-kampeerders beleef God se teenwoordigheid

Argief | Stellenberg-weekliks 2024
Welkom in 2025

Die afgelope naweek se graad 8-kamp was soos altyd ’n besonderse ervaring! Ek verwonder my jaarliks aan die kleine graad 8’s wat met hulle groot tasse, teen die bult van Apostel moet uitbeur!  Elkeen opgewonde om nuwe vriende te maak, nuwe ervarings en pret te hê, en hierdie jaar was geen uitsondering nie.

Tussen al die lekker aktiwiteite deur het God beweeg en die harte van die tieners aangeraak. Elke sessie wat deur Plofstof aangebied is, is met opgewondenheid ondersteun. Met verskeie sessies wat deur die loop van die naweek aangebied is, het die tieners tyd gehad om energie te verbrand, maar hulle het ook tyd in die Here se teenwoordigheid spandeer.

Die naweek se sukses getuig van hoe God se teenwoordigheid deur die naweek se aktiwiteite gesypel het.  God het hierdie kamp ryklik geseën en ek glo dat baie harte aangeraak is.

| Klik HIER om na die volledige foto- en videoreeks te kyk

| Madelaine Strümpher is ’n teologie student en een van die graad8-kampleiers.