Welkom in 2025

Graad 8-kampeerders beleef God se teenwoordigheid

Deur: Ds. Johan Visser

Welkom in ’n splinternuwe jaar vol geleenthede om te groei! ’n Jaar waarin ons as gemeente ons jaartema: Oor grense heen, sal vier en uitleef. Ons tema is ‘n kragtige herinnering aan ons strewe om nader aan God en nader aan mekaar te leef, ’n verskil in die wêreld te maak, en om voortdurend te vernuwe.

Ek het onlangs ’n aanhaling van Leonard Sweet gelees wat soos volg lui: Some claim God is “on our side,” seeking divine endorsement. Others, more wisely, say God is “at our side” as companion. But the deeper truth is we are called not to possess God, but to be possessed by God – not to contain Christ, but to dwell in Christ, to be “in Christ” (a phrase appearing 114 times in the NT), drawn forward into the future by the pull of divine love into greater unity with Christ.

Ons gemeente-identiteit is gebou op die fondament van ons geloof dat Jesus, ons Verlosser, leef! Ons streef daarna om nie net nader aan God te kom nie, maar ook om saam en nader aan mekaar, as medereisigers die grense van ons persoonlike ruimtes te oorskry en ’n gemeenskap te bou wat inklusief, ondersteunend en liefdevol is.

As deel van ons gemeentebelydenis, wil ons die gemeentevisie Oor grense heen op meer praktiese maniere beleef, deur ons denke, ons harte en ons dade te vernuwe. Ons wil ‘n verskil in die wêreld maak deur aktief betrokke te raak by projekte wat ons gemeenskap en die wêreld om ons raak.

Laat ons in 2025 saamwerk om hierdie doelwitte in ons daaglikse lewens na te streef – deur om ons geloof te verdiep, ons verhoudings te versterk, en ‘n positiewe impak op die wêreld om ons te hê. Mag ons gemeente ’n lig wees wat verder as ons eie grense skyn en mag ons Goddelike ontmoetings in Bybelse plekke soos waterputte, berge, dale en woestyne ervaar . . .