Ek wil graag vir ons vandag ‘n verwerking lees van Psalm 23 deur Rudi Swanepoel. Jy is welkom om jou oe toe te maak en hierdie gebed te ontvang:
Die Here is naby herders gebore.
Daar was gebrek aan slaapplek.
Maar in groen weivelde laat Hy die mense sedertdien rus.
Hy is die bron van nuwe lewenskrag.
Hy wyswaar die regte pad is.
Selfs as dit voel of ek verdwaal het
Sal ek nie dat vrees my oorval nie.
Want Immanuel is nie net by ons nie,
Hy is by my.
Hy laat my diep asem haal
En ek is minder angstig.
Hy is die gulste gasheer.
Hy dek ‘n lange tafel wat my haters jaloers maak.
My beker loop oor tot in my piering.
Die beste dinge en die grootste liefde agtervolg my elke dag.
En uiteindelik sal ek saam met Hom in ‘n groot huis wees
Vir baie lang dae