“Each of us is born into our own mysteries, but the mystery of another might just take us in and embrace us. And then what a sense of homecoming, of belonging!” Alexander McCall Smith
Het jy al ooit gewonder oor wat dit beteken om “tuis te kom” in jou lewe? In jou jaar? Ons het basies ’n maand gelede 2024 agtergelaat en, as jy enigsins soos ek is, het jy dadelik begin skarrel, vroetel, beplan, reël en doen. Maar, wat gebeur as ’n mens ’n oomblik neem om net eers “tuis te kom” in 2025? ’n Jaar vol hoop, verwagtings, eise, planne en misterie.
Jy word uitgenooi om jou eie Tuiskoms in 2025 tydens die Week van Inspirasie te ontdek. In hierdie week gaan ons deur die verhaal van Rut werk en ondersoek hoe sy haar tuiskoms gevind het nadat sy alles wat bekend was, agtergelaat het, maar steeds vasgeklou het aan wat vir haar belangrik was en vertrou het op die beloftes van God – nog lank voor sy eers geweet het wat die beloftes is.
Hoe gaan jy in 2025 tuiskom in die ritme, roetine en program wat vir jou wag? Kom dink saam met ons oor wat die dinge is wat jy verlaat, waaraan jy vasklou en wat God se beloftes vir jou in die nuwe jaar is.
Maandag 3 Februarie: UITgenooi
Dinsdag 4 Februarie: Dabak – klou vas!
Woensdag 5 Februarie: Tuiskoms