Dagstuk | Donderdag 19 Junie 2025

Dagstuk | Woensdag 18 Junie 2025
Dagstuk | Vrydag 20 Junie 2025

Teks: 2 Korinthiërs 12:9.  My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 10Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

Eberhard Busch, die Switzerse teoloog was vir jare lank die wêreldbekende teoloog Karl Barth se persoonlike assistent. Barth het ‘n ongelooflike impak op Eberhard se lewe gehad, soveel so dat hy self later ‘n professor in teologie geword het en boeke vol geskyf het oor Karl Barth se intellek en besondere insigte. Daars twee stories wat by my bly.

Die eerste was oor hoe Barth, soos almal wat ouer word, ook gesukkel het om hierdie fase van sy lewe te aanvaar en te verwerk. In sy laaste jare, so het Busch vertel, was hy erg verswak, maar steeds sou hy vasklou aan die lewe. Sy woorde aan Busch in dié tyd was dikwels: “Eberhard ek wil nie nou al sterf nie – ek wil nog léwe”

Die tweede storie vertel van hoe Barth enkele maande voor sy dood uitgenooi was om as spreker by ‘n byeenkoms vir jonger teoloë en predikante op te tree. Op pad daarheen het hierdie groot geleerde egter skielik onseker geword en teenoor Busch gekla dat hy nie weet wat om te sê nie. Waarop Busch hom getroos en voorgestel het: “Kalmeer nou eers. Kom ons gaan sit buite in die tuin en rook saam ons pype voor jy ingaan. Dit sal help.”

Wat Barth toe ook gedoen het. Om kort daarna sy gehoor soos altyd mee te voer met sy verstommende kennis en insigte. Albei stories herinner ons daaraan dat ons niemand moet oorskat nie, selfs nie eers die slimstes of beroemdstes nie. Ons is almal menslik. Ons lewe is deurweek van swakheid, broosheid en sterflikheid. Ook met al die angste en frustrasies wat daarmee saamgaan.

Maar soos Paulus vir ons herinner werk God juis hierin soms die kragtigste. Laat ons dit ontvang as ‘n troos en daarin rus vind