Ek lees graag vir ons vandag ‘n gebed van Piet Naude en sy gedagtes oor verganklikheid, tyd en God se oneindige liefde
Ek weet nie hoe lank “ewig” is nie, Here.
Maar ek bring lof aan U wat van altyd af net daar is,
En tot in die verre toekoms
-anderkant die tyd-
Steeds daar sal wees.
Miskien werk tyd nie vir U in die sin van verlede en toekoms nie:
U is teenwoordig in alle tyd.
Dankie dat U my stukkie tyd
-wie weet hoe lank?-
Binnetree en vir my sorg
Met oneindige liefde,
Sagte hande,
En ‘n warm omhelsing.
U liefde duur inderdaad tot in ewigheid.
Amen