Dagstuk | Woensdag 13 Augustus 2025

Dagstuk | Dinsdag 12 Augustus 2025
Dagstuk | Donderdag 14 Augustus 2025

 

 

Jeremia 17:7-8

Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is; so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ‘n droe jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie

‘n Ou Kerkvader Irenaues: “The glory of God is a human being fully alive.”

Dit was sy manier om te sê: God word geëer waar ‘n mens voluit lewe, wanneer jy só in voeling is met jouself, jou diepste gevoelens, verlangens en drome, dat jy nie anders kan nie: Jy begin dit spontaan uitleef! Wanneer dit gebeur dan, so sê die Bybel, is ons lewe soos ‘n boom wat in volle bloei staan – wat altyd groen blare het en wat nie ophou om vrugte te dra nie. Hierdie oomblikke waarin jy in voeling met jou beste self kom, vind nie altyd noodwendig met groot toejuiging plaas nie. Ervaring leer ons dat dit meer dikwels in stiller oomblikke gebeur. Tye wanneer jy genoodsaak is om af te skakel, op te kyk van al jou ambisieuse werk en meer aandagtig te let op dit wat in en om jou gebeur. So mag jy met nuwe verwondering die grootsheid en gawe van die lewe en veral die natuur ontdek.

Ek lees graag vir julle ‘n gedig van Rilke wat hieroor reflekteer:

God speaks to each of us as he makes us, then walks with us silently out of the night.

These are the words we dimly hear:

You, sent out beyond your recall, go to the limits of your longing. Embody me.

Flare up like a flame and make big shadows I can move in.

Let everything happen to you: beauty and terror. Just keep going. No feeling is final. Don’t let yourself lose me.

Nearby is the country they call life. You will know it by its seriousness.

Give me your hand.

Rainer Maria Rilke