Dagstuk | Vrydag 31 Oktober 2025

Dagstuk | Donderdag 30 Oktober 2025
Dagstuk | Saterdag 1 November 2025

Vandag is Vrydag 31 Oktober en hierdie week wandel ons binne ons gemeente se vierde waarde om voortdurend te vernuwe.

Vandag kyk ons na vernuwing deur gemeenskap. Vernuwing vind plaas in gemeenskap met ander gelowiges, waar ons mekaar opbou, bemoedig en aanspoor om in geloof te groei. Die kerk is ‘n liggaam waar elke lid ‘n rol speel in die vernuwing van die ander.

Teks: Hebreërs 10:24-25 “Laat on sook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer julle die oordeelsdag sien nader kom.”

Hierdie vers roep ons om aktief betrokke te wees in die geloofsgemeenskap. Deur gemeenskap word ons geloof versterk, ons laste gedeel, en ons harte vernuwe. Vernuwing gebeur wanneer ons mekaar se gawes waardeer en saamwerk om God se koninkryk te bou. In ‘n geïndividualiseerde wêreld kan gemeenskap uitdagend wees, maar dit is noodsaaklik vir groei. Laat ons tyd maak om met ander gelowiges te verbind, om te bemoedig en aangemoedig te word, sodat ons saam vernuwe word.

Gebed: Here, dankie vir die gawe van gemeenskap. Vernuwe ons deur ons verhoudings met ander gelowiges. Help ons om mekaar aan te spoor tot liefde en goeie werke. Laat ons eenheid U Naam verheerlik. Amen.