Vandag is Woensdag 7 Januarie en ons is tans in die kerklike seisoen wat ons Epifanie noem. Die fokus van Epifanie is die viering van God se verskyning en bekendwording aan ons. Epifanie verkondig dat God hier is. Regdeur die Bybel sien ons hoe mense van God se teenwoordigheid bewus raak en hoe hulle daarop reageer. Epifanietyd daag ons uit om voor God se aangesig te leef en ons identiteit daar te laat vorm.
Vandag reflekteer ons verder oor hierdie tydperk van Epifanie met die tema:
Bybelteks: Spreuke 3:5-6
“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”
Wysheid: Wees teenwoordig.
Leer om teenwoordig te wees in elke oomblik van jou lewe. Fokus op die huidige oomblik, waardeer dit, en laat nie die beslommernisse van die verlede of die sorge oor die toekoms jou van die hede beroof nie. Hou jou oë gevestig op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Soos Spreuke sê: “Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”
God het mens geword en tussen ons gekom woon. Raak dus, aan die begin van die jaar, diep bewus van die Gees van God wat jou bewoon en jou lei.
Here,
ek plaas my vertroue in U.
Lei my in hierdie nuwe jaar.
Help my om U te ken in elke aspek van my lewe,
en maak my paaie gelyk volgens U wil.
Leef my deur U Gees,
en lei my op die pad van waarheid en geregtigheid.
Help my om U wil te verstaan,
en daarna te leef en te streef.
Amen.