Dagstuk | Vrydag 30 Januarie 2026

Dagstuk | Donderdag 29 Januarie 2026
Dagstuk | Saterdag 31 Januarie 2026
*’n ABC VAN GELOOF: O — OOP HANDE*

💡 Jy kan niks nuuts ontvang as jou hande nog krampagtig vashou aan die oue nie.

📖 Psalm 63:5 – “Soos iemand wat sy hande oopmaak na U toe, so verlang ek na U.”

Oop hande is die teologiese houding van totale afhanklikheid. Dit is ’n belydenis dat jy niks besit nie, maar alles as ’n lening van God ontvang. Wanneer jy jou hande oopmaak, gee jy jou illusie van beheer prys en erken jy God as die Bron. Dit is die hoogste vorm van oorgawe — om te laat gaan wat jy so styf vashou en te vertrou dat God se voorsiening beter is as jou eie planne.

Oop hande is ’n teken dat jou lewe nie meer in jou eie greep is nie, maar veilig in die hande van die Skepper rus. Daar is geen oper hande wat jou ooit sal ontvang as God s’n nie.

🪜 Stap vir vandag: Maak vandag jou hande fisies oop en toe vir ‘n halfminuut. Sê vir die Here: “Ek laat gaan my vrees, my planne en my beheer. Vul die spasie met U genade.”

🙏 *Here, ek kom vandag met oop hande. Neem wat ek vashou en vul die ruimte met U vrede.*

🎧 LUISTER: In vandag se oudio-boodskap kom teksgedeeltes soos 1 Kronieke 29; Lukas 23 en Johannes 10 aan die woord.

 

 | Sluit gerus vanaf Maandag 2 Februarie tot Woensdag 4 Februarie by die Week van Inspirasie aan wat deur dr. Ronell Bezuidenhoudt gelei word.  Elke aand om 18:30 in die kapel.

 | Indien jy na haar hele reeks wil luister – volg haar op YouTube deur op die skakel te klik.