*’n ABC VAN GELOOF: Q — QUO VADIS?
💡 Jou rigting is belangriker as jou spoed.
📖 Johannes 21:19 – “Nadat Hy dit gesê het, sê Hy vir hom: ‘Volg My!’”
“Quo Vadis?” is Latyn vir: “Waarheen gaan jy?” Dit is die vraag wat Jesus indirek vir Petrus vra by die kolevuur na Sy opstanding. Petrus was besig om terug te vlug na sy ou lewe omdat hy gedink het sy foute definieer hom. Maar Jesus onderbreek sy rigting en herinner hom: Jou bestemming word nie bepaal deur jou mislukking nie, maar deur die Een wat jy kies om te volg.
In die koninkryk van God is koers belangriker as spoed. Waarheen is jou hart, tyd en energie vandag op pad? Jou antwoord op “Quo Vadis?” bepaal die res van jou lewe As Hy die koers bepaal, is die pad altyd veilig. Quo Vadis? Daarheen waar U my stuur, my Here!
🪜 Stap vir vandag: Stop vandag vir ‘n oomblik en vra jouself eerlik af: Is my huidige lewenspas en rigting in lyn met Jesus se “Volg My”?
🙏 Here, wys my die pad en help my om U te volg, selfs wanneer ek nie die volle bestemming kan sien nie. Amen.
🎧 LUISTER: In vandag se oudio-boodskap vertel ek die aangrypende legende van Petrus op die Appia-weg en ons bespreek ook o.a. die krag van “omdraai” in Lukas 15.
| Sluit gerus vanaf Maandag 2 Februarie tot Woensdag 4 Februarie by die Week van Inspirasie aan wat deur dr. Ronell Bezuidenhoudt gelei word. Elke aand om 18:30 in die kapel.
| Indien jy na haar hele reeks wil luister – volg haar op YouTube deur op die skakel te klik.