Dagstuk | Vrydag 20 Maart 2026

Dagstuk | Donderdag 19 Maart 2026
Dagstuk | Saterdag 21 Maart 2026

Psalm 131

Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie,

dinge wat bo my vermoë is.

2Ek het rus en kalmte gevind.

Soos ‘n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het,

so het ek tevredenheid gevind.

3Wag op die Here, Israel,

nou en vir altyd.

 

Ek lees graag vir ons ‘n gebed van Annes Nel in refleksie op die Psalm

Grenslose Liefde,

U wat ons soos ‘n ma op die skoot tel en tot rus bring

Wat met sakke vol beloftes voor ons staan,

Wat ons oorlaai met onbegrensde liefde-

Dankie vir die veiligheid van u nabyheid.

Dankie vir u vrygewige lifede.

Dankie dat U nie soos mense is wat vergeld, haat en ‘n behae het in straf nie.

Maak my ook ‘n mens by wie ander gebroke mense ook veilig sal voel.

Ek vra dit in die naam van Jesus Christus in wie al die gawes wat God aan ons geskenk het, werklikheid word:

Die Een wat vir gebrokenes gekom het.

Amen